As Grafiese ontwerper het ek ‘n versoek van ‘n vriendin ontvang om te help met ‘n oplossing om in Afrikaans haar spens te kon regpak. Self het ek, as kreatiewe persoon, die stryd beleef om alles op hul plek te hou (en terselfdetyd mooi te maak). Die oplossing het “letterlik” self ‘n pad gevind tot waar dit vandag is. Gou het vriendinne en kollegas bestellings geplaas en etikette versoek. Organies is die reeks uitgebrei na die behoeftes van ons gemeenskap se huishoudings. Aanvanklik het ons markte gedoen en uitgestal, maar na ‘n tyd besef, die produkte is net te veel om oral aan te ry en uit te stal. Daarom was ‘n aanlynwinkel die logiese oplossing. Dus vind ons dat Letterlik nie aan iemand behoort behalwe aan die vroue wat dit saam met ons ter harte geneem het nie. Letterlik bedank graag haar vriendinne se ondersteuning en bly tot diens van die onderlinge genot van ons taal, in ons huis, mooi en maklik!

Eerstens wil ek elke liewe Letterlike bedank vir jare se lojaliteit, meelewing en ondersteuning. Sedert die bestaan van Letterlik in 2012, het daar heelwat water in die see geloop. Van markte en agente tot die aanlyn-winkel. Lankal was die gedagte om Letterlik uit te brei na vele meer rigtings waarin die kleinbesigheid kon vertak.  Uiteindelik het letterlik nou ‘n punt bereik waar ons vlerke sprei om uit te kom by dit wat sinvol werk en dien in elke hart en ruimte. Teedoek inspirasie vir die kombuis, uit jare gelede se tyd in Nederland. Dagboek se jaar-na-jaar wat ek al soveel moes vooerberei vir drukwerk, altyd met ‘n soeke tot die beste dienende dagboek, joernaal, beplanner, studie-joernaal en bybelstudie joernaal. Dinge wat ek in my eie lewe nodig het, maar nooit tyd gemaak het om in plek te sit nie. Mooi teedoeke wat dag-tot-dag met my hart, siel en gadagtes praat. ‘n Aanpasbare dagboek wat my leefstyl dien om na harte lus kan beplan, bepeins, aanteken aanbid en elke dag weer oor begin. T-hemde en Hoodies wat my tieners en lewensmaat se lywe en lewe verbly. Geskenke wat vriendinne en geliefdes werklik geliefd laat voel. 

‘n Kombuis wat organisering nodig gehad het, het letterlik die weg gebaan vir huis en hert om in harmonie mooi en dienend te wees.

Nina Britton
(Grafiese Ontwerper) Centurion, Gauteng. 
Letterlik is ‘n produk van: www.ninabritton.com

Shopping Cart
Scroll to Top