Skip to content

As Grafiese ontwerper het ek ‘n versoek van ‘n vriendin ontvang om te help met ‘n oplossing om in Afrikaans haar spens te kon regpak.

Self het ek, as kreatiewe persoon, die stryd beleef om alles op hul plek te hou (en terselfdetyd mooi te wees). Die oplossing het letterlik self ‘n pad gevind tot waar dit vandag is. 

Gou het vriendinne en kollega’s bestellings geplaas en etikette versoek. Organies is die reeks uitgebrei na die behoeftes van ons gemeenskap se huishoudings.

Aanvanklik het ons markte gedoen en uitgestal, maar na ‘n tyd besef, die produkte is net te veel om oral aan te ry en uit te stal. Daarom was ‘n aanlynwinkel die logiese oplossing.

Dus vind ons dat Letterlik nie aan iemand behoort behalwe aan die vroue wat dit saam met ons ter harte geneem het nie. Letterlik bedank graag haar vriendinne se ondersteuning en bly tot diens van die onderlinge genot van ons taal, in ons huis, mooi en maklik!

Nina Britton

(Grafiese Ontwerper) Centurion, Gauteng. 

Letterlik is ‘n produk van: www.ninabritton.com

500ml Glas Bottel @R40

006 500ml
R0.00
In stock
1
Product Details
Weight: 288g
Height: 195mm
Mouth: Narrow Mouth
Capacity: 500ml
Diameter: 238mm
Save this product for later

EPOS

Ons lees graag jou navraag

FACEBOOK

Volg ons gerus en deel asb.

INSTAGRAM

Volg ons gerus en deel asb.

WHATSAPP

Volg ons gerus en deel asb.