‘n Kombuis wat organisering nodig gehad het, het letterlik die weg gebaan vir huis en hert om in harmonie mooi en dienend te wees.
As Grafiese ontwerper het ek ‘n versoek van ‘n vriendin ontvang om te help met ‘n oplossing om in Afrikaans haar spens te kon regpak. Self het ek, as kreatiewe persoon, die stryd beleef om alles op hul plek te hou (en terselfdetyd mooi te maak). Die oplossing het “letterlik” self ‘n pad gevind tot waar dit vandag is. Gou het vriendinne en kollegas bestellings geplaas en etikette versoek. Organies is die reeks uitgebrei na die behoeftes van ons gemeenskap se huishoudings. 
Aanvanklik het ons markte gedoen en uitgestal, maar na ‘n tyd besef, die produkte is net te veel om oral aan te ry en uit te stal. Daarom was ‘n aanlynwinkel die logiese oplossing.
Letterlik behoort aan elkeen wat tot hier saam gedroom en dink, gevra en gedra het. 
Letterlik bedank graag haar vriendinne se ondersteuning en bly tot diens van die onderlinge genot van ons taal, in ons huis, mooi en maklik!

Afrikaans bly die taal van ons hart, terwyl ons tweetalig die pad vorentoe stap.

Eerstens wil ek elke liewe Letterlike bedank vir jare se lojaliteit, meelewing en ondersteuning. Sedert die bestaan van Letterlik in 2012, het daar heelwat water in die see geloop. Van markte en agente tot die aanlyn-winkel. Lankal was die gedagte om Letterlik uit te brei na vele meer rigtings waarin die kleinbesigheid kon vertak. Uiteindelik het ek letterlik nou ‘n punt bereik waar ek vlerke sprei om uit te kom by dit wat sinvol werk en dien in elke hart en ruimte. Dienlike dinge wat ek in my eie lewe nodig het, maar nooit tyd gemaak het om in plek te sit nie, het uiteindelik die lig gesien.

Teedoek inspirasie vir die kombuis, kom van jare gelede se woon en werk in Nederland. ’n Teedoek is nuttig, prakties en kan daagliks tot hart, siel en gedagtes spreek. 
As grafiese ontwerper het jare se dagboekontwerp my altyd gelaat met ‘n soeke na die beste (perfekte) dienende dagboek, joernaal, beplanner, studiejoernaal en bybelstudiejoernaal. ‘n Aanpasbare dagboek is gebore, en dien jou leefstyl om na hartelus te beplan, besin, teken, aanbid en begin elke dag oor.

Al ons produkte is top-gehalte kwaliteit, lokaal vervaardig en dien as geskenke wat vriende en geliefdes werklik geliefd laat voel. 

First of all, I want to thank every dear “Letterlik” fan for years of loyalty, enthusiasm and support. Since the existence of Letterlik in 2012, there has been a lot of eb and flows. From markets and agents to the online shop. The intention has always been to expand Letterlik to many more directions in which the small business could branch out. Finally, I have literally now reached a point where I am spreading my wings to get to what works meaningfully and serves in every heart and space. Useful, meaningful things that I needed in my own life, but never took the time to put in place, finally saw the light of day.

Tea towel inspiration for the kitchen, came from years ago living in the Netherlands. A tea towel is useful, practical and can speak to heart, soul and thoughts on a daily basis. 
As a graphic designer, years of diary-design, left me always with a search for the best (perfect) serving diary, journal, planner, study journal and bible study journal.
A customisable diary was born, and serves your lifestyle to plan at your heart’s content. Reflect, record worship and start over every day.

All our products are top  quality, locally produced and serve as gifts that make friends and loved ones feel truly loved. 

 

Nina Britton

GRAFIESE ONTWERPER | GRAPHIC DESIGNER
Centurion, Gauteng. 
Letterlik is a product of: www.ninabritton.com

epos

facebook

shop

instagram

whatsapp

Shopping Cart
Scroll to Top