Die kort storie…

As Grafiese ontwerper het ek ‘n versoek van ‘n vriendin ontvang om te help met ‘n oplossing om in Afrikaans haar spens te kon regpak.

Self het ek as kreatiewe persoon, die stryd beleef om alles op hul plek te hou (en terselfdetyd mooi te wees). Die oplossing het letterlik self ‘n pad gevind tot waar dit vandag is. 

Gou het vriendinne en kollega’s bestelling geplaas en etikette versoek. Organies is die reeks uitgebrei na die behoeftes van ons gemeenskap se huishoudings.

Aanvanklik het ons markte gedoen en uitgestal, maar na ‘n tyd besef, die produkte is net te veel om oral aan te ry en uit te stal. Daarom was ‘n aanlynwinkel die logiese oplossing.

Ons beplan ook om tekstiel produkte te inkorporeer.

Dus vind ons dat Letterlik nie aan iemand behoort behalwe aan die vroue wat dit saam met ons ter harte geneem het nie. Letterlik bedank graag haar vriendinne se ondersteuning en bly tot diens van die onderlinge genot van ons taal, in ons huis, mooi en maklik!

Nina Britton

(Grafiese Ontwerper) Centurion, Gauteng. www.ninabritton.com